Ollie die Nar is nie net ‘n geregistreerde nar nie maar is ook die enigste singende nar ter wêreld.
Ollie toer die land vol saam met sy apie Jollie en Lulu die rot.
Ollie die Nar se CD Gunsteling Liedjies en Stories is ook nou beskikbaar.
Hierdie is ‘n dubbel CD met stories en liedjies op en sluit treffers soos Krappies en Krefies, Die Bybelliedjie en Blommeland, in.
Van die bekende stories wat Ollie vertel is Die storie van Hansie en Grietjie, Pietertjie en die Wolf, Die Drie Varkies, Jan en die Boontjierank en vele ander.
Die CD bevat 14 liedjies en 9 stories en van die liedjies en stories is al op RSG se program, Kinderhoekie, in die oggend gebruik.
Ollie doen tot en met 40 vertonings per maand en het in die harte van kinders regdeur Suid Afrika gekruip.
Ollie se CD en besprekings word hanteer deur EAG en ons kan gekontak word by 011 475 8294 of 011 675 2575 of epos ons by
eamworld@wol.co.za vir verdere inligting. |